Koos Kombuis - Rooi Kombuis

Siembamba mamma se kindjie
Siembamba mamma se kindjie
Draai om sy nek en gooi hom in die sloot
Trap op sy kop dan sê jy hy is dood

Wit toaster op die vloer
Bob Marley teen die muur
Kragprop langs ‘n kat
Wat himself teen Ziggy Stardust skuur

Skerk punte ruk die nag
Die skape hou op blêr
Respekke vloei loop oor die werf
Soos honderd rysigers van vêr

Die rooi kombuis is besig
Die rooi kombuis is lig
Ons sondes is vergewe
Maar wie’s dit wat in die na nag sug?

Daar hang ‘n bord en skottel
Aan sy randjie aan ‘n rak
Oor die heining langsaan
Klink die blaffie van ‘n baster brak (Die mense wat hier bly)

Dis soet en daar’s mos
Oor gister se vuil skottelgoed
Daar’s naweke vol wyn vlekke
En ‘n sanger sonder ‘n hoed

Die rooi kombuis vol Krismis
Die rooi kombuis vol bloed
Die rooi kombuis mag lelik wees
Maar dis ons beste gaste goed

En buite by die agter deur
En kant toe langs die stoof (Die mense wat ek lief het)
Die digter uit die tronk uit
Die snotneus kind verloof

Die sonskyn oor die onder deur
Dit kielie in my as
Die dae rol so stadig
Soos die miere teen die yskas

Die rooi kombuis is myne
Daar’s patroontjies op die vloer
Die rooi kombuis is joune
Jy wat om die koffieblik bly loer

Sout potjie op die tafel
Verf blik in die hoek
Vergifnis in die asbak
Begeerte in die koek boek

‘n Toaster op die vloer
Van Morrison wat speel
Jy't ‘n kopdoek groen soos snooker
En jou vingers vol kaneel (Jou vingers vol kaneel)

Die rooi kombuis is liefde
Warm die rooi kombuis is koue bier
Die rooi kombuis is ryk en arm
Somer, winter, nou en hier

Die rooi kombuis is liefde
Warm die rooi kombuis is koue bier
Die rooi kombuis is ryk en arm
Somer, winter, nou en hier

Siembamba mamma se kindjie
Siembamba mamma se trui
Biltong op die rak en perskes in die bak
Ek like vir haar en sy is lief vir my

Written by:
GOOSEN ANTON, KOMBUIS KOOS

Publisher:
Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Lyrics powered by Lyric Find

Koos Kombuis

Koos Kombuis

View Profile