Elvis Blue - Dis Wie Ek Wil Wees

Ek wou alles afbreek
Wou nuwe dinge bou
My hande het jou laat gaan
En jou probeer vashou

Ek wou met almal baklei
Ek het al gesoek na rus
Ek wil wees soos spoorloos
Soos lig waar donker rus

Maak my soos die horison ‘n toevlug in die reën
Die een langs wie jy graag wil staan as storms om jou dreun
Ek wil wees soos vryheid as jy voel soos ‘n slaaf
Die een wat jou weer rigting gee as jy verlore raak
Dis wie ek wil wees, dis wie ek wil wees

Ek was soos ‘n droogte
En jy was soos die reën
Jy leer my van die waarheid
In ‘n wêreld vol leuens

Die dors hier binne in my
Het so lank gesoek na jou
Toe drink ek van jou water
Nou maak my lewe sin

Maak my soos die horison ‘n toevlug in die reën
Die een langs wie jy graag wil staan as storms om jou dreun
Ek wil wees soos vryheid as jy voel soos ‘n slaaf
Die een wat jou rigting gee as jy verlore raak
Dis wie ek wil wees, dis wie ek wil wees
Dis wie ek wil wees, dis wie ek wil wees

O maak my soos die horison ‘n toevlug in die reën
Die een langs wie jy graag wil staan as storms om jou dreun
Ek wil wees soos vryheid as jy voel soos ‘n slaaf
Die een wat jou rigting gee as jy verlore raak
Dis wie ek wil wees, dis wie ek wil wees
Dis wie ek wil wees, dis wie ek wil wees

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Elvis Blue

Elvis Blue

View Profile