Elvis Blue - Ek Weier

Almal het al seer gekry
Almal het al kwaad geword
Almal het al lief gehad
Almal het iets gekort

Almal het al stil gebly
Toe hy eintlik moes praat
Almal het al weg gekyk
Toe hy moes betrokke raak

Maar die lig skyn altyd deur
As ons weer probeer, weer probeer

Ek weier om te stop om niks meer goeds te glo
Ek weier dat die donker die lig in my uit doof
Ek weier om myself in hierdie waansin te verloor
Hoe meer jy my terughou hoe verder sal ek loop
Ek weier, ek weier

Almal het al moeg geraak om weer te probeer
Ek het al advies gegee toe ek net langs jou moes sit
Ek weet ek moes al jammer sê maar my hart was te trots
Dit is hoe die krake lyk waarmee die lewe ons los

O maar die lig skyn altyd deur
As ons weer probeer, weer probeer

Ek weier om te stop om niks meer goeds te glo
Ek weier dat die donker die lig in my uit doof
Ek weier om myself in hierdie waansin te verloor
Hoe meer jy my terughou hoe verder sal ek loop
Ek weier, ek weier

En die stemme wat sê jy moet stop klop altyd aan jou deur, jou deur

Ek weier om te stop om niks meer goeds te glo
Ek weier dat die donker die lig in my uit doof
Ek weier om myself in hierdie waansin te verloor
Hoe meer jy my terughou hoe verder sal ek loop
Ek weier, ek weier, ek weier, ek weier

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Elvis Blue

Elvis Blue

View Profile