Elvis Blue - Goud In Die Vuur

Tussen hemel en aarde
Gister en more
In ‘n deurmekaar wêreld
Dis waar jy jouself vind

As die grond roep na water
Langs jou bed op jou knieë
As jy voel jy is blind
Dis waar jy jouself vind

As die bank aanhou bel
As die trane aanhou loop
As jy terug verlang na jong
As jy niks meer kan koop

As jy soek na die stilte
Om ‘n laat nag vuur
As jy veg met ‘n bloed neus
Sal jy jouself vind

Diamante breek yster
Die beste lesse bly maar duur
Dis die een wat bly loop deur die storms
Wat homself vind
Goud in die vuur

In ‘n wêreld vol maskers
Wil ek in jou oë kyk
Wil ek anders begin sien
Wil ek anders begin lyk

As jou geliefde jou verlaat
En jy’s stok siel alleen
Dis waar jou hart breek
Waar jy jouself vind

Diamante breek yster
Die beste lesse bly maar duur
Dis die een wat bly loop deur die storms
Wat homself vind
Goud in die vuur

Diamante, breek yster
Die beste lesse, bly maar duur
Dis die een wat bly loop deur die storms
Wat homself vind

Diamante breek yster
Die beste lesse bly maar duur
Dis die een wat bly loop deur die storms
Wat homself vind
Goud in die vuur

Ou dis die een wat bly loop deur die storms
Wat homself vind
Goud in die vuur

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Elvis Blue

Elvis Blue

View Profile