Elvis Blue - Meer As Genoeg

Dis net die wat dors is vir meer
Wat voel hoe die hoëpad jou roep
Wat weet hoe dit voel as die wind teen jou draai
Jy hou aan tot jy kry wat jy soek

Elke mens wat ek ken soek ‘n skouer
‘n Vriend wat langs jou staan in die reën
Al sou die lewe moeilik raak al lê jou rekening hoe laag
Sal jy kan sê ek het meer as genoeg

Al sou ek alles weg gee
Al sou die jare my breek
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg

Voel die water wat spoel oor my voete
Dan sien ek weer hoe glimlag ‘n kind
‘n Asem kos nie geld nie maar ek weet dit is duur
Veels te veel maak self ‘n ryk man min

Dis die klein goed wat tel in die lewe
Tog hou ons aan jaag na die wind
Hoe werk dit dan so dat jy alles kan hê
Maar dit voel steeds vir jou dis te min

Al sou ek alles weg gee
Al sou die jare my breek
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg

Al sou ek alles weg gee
Al sou die jare my breek
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg

Al sou ek alles weg gee
Al sou die jare my breek
Dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg
O dis net die een wat bereid is om als op te gee wat kan sê ek het meer as genoeg
Meer As Genoeg

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Elvis Blue

Elvis Blue

View Profile