Andries Bezuidenhout - Nie Jou Skuld Nie

Dis nie jou skuld dat ek alweer die langpad moes vat nie
In Belfast moes oorslaap in ʼn geensterhotel nie
Al die bourbon in die kroeg opgedrink het nie
My hoofpyn met spek, olie en eiers weg moes sluk nie

Dis nie jou skuld nie
Dis nie jou skuld nie

Dis nie jou skuld dat vanoggend met knapsak en bottel vort is nie
Te voet met ʼn grondpad langs tot oorkant die koppie nie
Skop mols- en miershoop heeltemal moer toe
Slaan ape uit moue, jaag bobbejane bergop

Dis nie jou skuld nie
Dis nie jou skuld nie

Hierdie beenwit kneukels op die stuurwiel is nie jou skuld nie
Hierdie kop wat klop soos ʼn ratkas is nie jou skuld nie
Hierdie harde musiek wat so proseliteer is nie jou skuld nie
Honderd en sestig kilo's per uur is nie jou skuld nie
As ek ry dat ek gly deur die draai is dit nie jou skuld nie
Die duiwel op die sitplek langs my is ook nie jou skuld nie

Dis nie jou skuld nie
Dis nie jou skuld nie

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile