Laurika Rauch - Oorgenoeg Vir Oormôre

Gister se koerant lê langs die leftovers want ek kook nog soms vir twee
So ek ruk my reg en ek pak dit weg maar die bed voel steeds te leeg
Hulle sê vir my, hou moed
Jy sal nog iemand anders ontmoet

Maar ek het oorgenoeg vir oormôre en selfs nog na vandag
Het ek oorgenoeg vir oormôre en al die dae wat wag

Gistermiddag hierdie tyd is dinge vir my alles omgekeer
Dis die tweede jaar wat ek jou nie hier het en nou begin dit weer
Die klok wys tien oor twee alweer
Maar ek sal tien teen een aan beweeg

Want ek het oorgenoeg vir oormôre en selfs nog na vandag
Het ek oorgenoeg vir oormôre en al die dae wat wag

Ek en jy het oorgenoeg vir oormôre, die dae bewys ons liefde sal veel langer hou as al my dae hier sonder jou

Daar's oorgenoeg vir oormôre en selfs nog na vandag
Het ekke oorgenoeg vir oormôre en al die dae wat wag

Oorgenoeg vir oormôre en selfs nog na vandag
Het ekke oorgenoeg vir oormôre en al die dae wat wag

Gister se koerant lê langs die leftovers want ek kook nog soms vir twee

Written by:
JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Laurika Rauch

Laurika Rauch

View Profile