Kurt Darren and Laurika Rauch - Slang In die Gras

Jy jy kyk nie meer vir my soos van tevore jy kyk verby
Jy ruik nie meer soos Chanel No 5 nie is dit klaar?
Is dit klaar?

Jy jy praat nie meer so mooi voor ons gaan slaap nie jy praat verby
Jy lees alweer 'n boek maar dis 'n hoofstuk sonder my
Sonder my

Daar's 'n
Slang in die gras hy laat dink my aan jou want jy pik op my
Soos 'n
Vis uit die water voor my oë het jy weggegly
Daar's 'n
Wolk voor die volmaan en hy hang oor jou en my
En dit reën reën reën maar dis verby

Jy jy fluister nie my naam as jy hier langs my lê en droom nie
Jy of ek verstaan hoekom ons paaie nie meer kruis nie
Nie meer kruis nie

Jy jy hoef nie meer te wag as jy wil gaan of weer probeer
Jy kan maar aanbeweeg so sonder my ek is okay
Ek's okay

Daar's 'n
Slang in die gras hy laat dink my aan jou want jy pik op my
Soos 'n
Vis uit die water voor my oë het jy weggegly
Daar's 'n
Wolk voor die volmaan en hy hang oor jou en my
En dit reën reën reën op jou en my
En dit reën reën reën maar dis verby

En dit reën reën reën maar dis verby
En dit reën reën reën maar ek's okay

Written by:
MARC BRENDON, KURT DARREN, DON KELLY, JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find