Kurt Darren - Vlinders

Saam jou maak alles weer sin
Dit voel soos 'n sirkel waar die einde begin
Ek weet daar's geen uitweg
Die liefde verblind my
Ek sien net vir jou

Maar die nuwe word so vinnig oud
Die somer se vlinder en die winter se koud
Kan nie oorleef nie
Ek hoor hulle fluister oor my en jou
Maar ek bly opsoek na die gevoel

Elke week elke maand in 'n jaar se tyd
Kom daar altyd 'n ander gevoel verby kom dit deur jou (Kom dit deur my)
Of kom dit deur my?

Elke week elke maand in 'n jaar se tyd
Vind daar altyd 'n vlinder sy weg na my vlinders by jou (Vlinders by my)
Vlinders by my

Dit kom en dit gaan soos die wind
Lente maak liefde en liefde maak blind
Ek loop maar en fluit
Want ek voel nie 'n veer wat die ander dink

En van vooraf sien ek dan die lig
Hulle ken nie van liefde met eerste opsig
Hulle vlinders sal sterf liefde bederf en die boek is toe
Maar ek bly opsoek na die gevoel (Gevoel)

Elke week elke maand in 'n jaar se tyd
Kom daar altyd 'n ander gevoel verby kom dit deur jou (Kom dit deur my)
Of kom dit deur my?

Elke week elke maand in 'n jaar se tyd
Vind daar altyd 'n vlinder sy weg na my vlinders by jou (Vlinders by my)
Vlinders by my

Kyk die herfs het die somer weer ingehaal
En die blare het langs ons hier neergedaal
Vra jy vir my is dit verby?

Na verloop van die tyd is dit ons seisoen
Ek sal elke dag weer met jou oor wil doen
Vlieg daar by my 'n vlinder verby?
Vlieg daar by my 'n vlinder verby?
Vlinders by jou vlinders by my

Written by:
Jaap Kwakman, Simon Keizer

Publisher:
Lyrics © BMG Rights Management

Lyrics powered by Lyric Find

Kurt Darren

Kurt Darren

View Profile