Andries Bezuidenhout - Waarheen Vandaan

Wie't nou tyd vir reguit ry
Wie't nou tyd vir mik
Wie't nou tyd vir nadink
Om te weeg of te wik
Daar's ʼn kode in die wolke
Raaisels in die see
ʼn Antwoord wat weier om ʼn vraag te gee

Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra

Ek bring ʼn boodskap van die gode
Maar niemand wil hoor nie
Iemand moet weet
Maar niemand wil sê nie
Water uit ʼn klip, vuur in die lug
Vlerke is vir sleep en voete is vir vlug

Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra

Van my pa het ek ʼn atlas gekry
En van my ma ʼn kompas
Albei het iewers agtergebly
In ʼn trommel of ʼn kas

Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra
Al aan die een kant en die ander kant ook maar
Kortpad of langpad, wanneer kom ons aan
Waarheen gaan ons en waar kom ons vandaan
Wat is dit waaraan ons dan so swaar dra

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile
Spoorlangs Spoorlangs