Elizma Theron and Kurt Darren - Net Vir Jou Bedoel Gevoel

Ek staan en draai hier in die rondte
En oral om my gaan die kleure vinnig verby
Probeer so hard om net nie om te val
Want ek is nou al moeg om seer te kry

En al gaan swem ek deur riviere
Met al die branders wat my kop so vinnig laat draai
Is daar niks wat my so goed laat voel
Soos hierdie net vir jou bedoel gevoel

Vat my hand en moet dit nie los al vlieg ons oor die hoogste berg
Ja niks is ooit vir my te erg saam jou
Hou my vas
Al moet ons deur die grootste van die oseane spoel
Onthou ek’s net vir jou bedoel

Ek kyk nie een keer op my kompas
Want ek kan sien in jou my noord oos suid en wes
Nou kan ek almal ook verkeerd bewys
Ja ek is seker jy is glad nie soos die res

En al verdwyn ek in ‘n oerwoud
Raak en nie bang nie want ek weet jy gaan my kom haal
Niks anders sal my ooit laat voel
Soos hierdie net vir jou bedoel gevoel

Vat my hand
En moet dit nie los al vlieg ons oor die hoogste berg
Ja niks is ooit vir my te erg saam jou
Hou my vas
Al moet ons deur die grootste van die oseane spoel
Onthou ek’s net vir jou bedoel

Kom hierso
Vat my hand
Kom hierso
Hou my vas
Hou my vas

Vat my hand
En moet dit nie los al vlieg ons oor die hoogste berg
Ja niks is ooit vir my te erg saam jou
Hou my vas
Al moet ons deur die grootste van die oseane spoel
Onthou ek’s net vir jou bedoel

Vat my hand (Vat my hand)
En moet dit nie los al vlieg ons oor die hoogste berg
Ja niks is ooit vir my te erg saam jou
Hou my vas (Hou my vas)
Al moet ons deur die grootste van die oseane spoel
Onthou ek’s net vir jou bedoel

Written by:
JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Elizma Theron and Kurt Darren

View Profile