Elizma Theron - Agter Die Gordyn

Ek, ek sit voor die spieël
En oral is blomme om my
Maar ek’s alleen waar is jy?

Ek, ek droom van die dag
Wat jy my weg van hier neem
Alles begin mos dan eers

Praat met my sê vir my
Dink jy aan my?
Ek weet dis ‘n storie maar gaan dit oor my?

Want as die ligte op jou val
Terwyl jy mooiste woorde sing
En elke mens in die gehoor laat dink jy’s myne

Dan wil ek nêrens anders wees
As saam met jou as ek kon sou ek elke woord in die toneel vir jou sê
Agter die gordyn

Jy, jy staan in die deur
Einde van nog ‘n langaand
Ek sien toe die roos in jou hand

Jy, jy gee hom vir my
Jou hande raak sag aan myne
Net soos die sprokieslyne

Praat met my sê vir my
Dink jy aan my?
Dis nie net ‘n storie ek soek jou by my

Want as die ligte op jou val
Terwyl jy mooiste woorde sing
En elke mens in die gehoor laat dink jy’s myne

Dan wil ek nêrens anders wees
As saam met jou as ek kon sou ek elke woord in die toneel vir jou sê
Agter die gordyn

Want as die ligte op jou val
Terwyl jy mooiste woorde sing
En elke mens in die gehoor laat dink jy’s myne

Want as die ligte op jou val
Terwyl jy mooiste woorde sing
En elke mens in die gehoor laat dink jy’s myne

Dan wil ek nêrens anders wees
As saam met jou as ek kon sou ek elke woord in die toneel vir jou sê
Agter die gordyn
Agter die gordyn

Written by:
JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Elizma Theron

Elizma Theron

View Profile