Laurika Rauch - Dis Die Storie Van My Hart [Remastered]

Miskien is dit verby
Of het dit nou net begin
Dis aande soos vanaand
Wat dit moeilik maak om te sing

Ek weet dat dit nie die eerste of die laaste keer sal wees
Maar soms lyk alles bietjie moeiliker
So donker en vergeefs

Maar tussendeur die trane
Die swaarkry en die sweet
Voel dit tog op die ou end
Of alles ok gaan wees

En ek weet dat dit net die reën en die weer daar buite is
Wat sal maak dat ek weer omkyk om te voel of ek mis

En dis die storie van my hart, is die leuse van my siel
En daar’s altyd iewers hoop al lyk dit soms verniel
Ja, dis die storie van my hart, is leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop al lyk dit soms verniel

Soms sal jy onthou
En soms sal jy vergeet
Die donker bly jou voor
Waarheen, wie weet

Maar die wind sal weer gaan lê en die son weer helder skyn
En die hoop sal kom in oorvloed
Soos bloeisels van jasmyn

En dis die storie van my hart, is die leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop al lyk dit soms verniel
Ja, dis die storie van my hart, is leuse van my siel
Want daar’s altyd iewers hoop al lyk dit soms verniel

Soms verniel aah
Soms verniel aah

Soms verniel

Miskien is dit verby
Of het dit nou net begin

Written by:

Publisher:
Lyrics © TUNECORE INC

Lyrics powered by Lyric Find

Laurika Rauch

Laurika Rauch

View Profile