Ray Dylan - As Ek Eendag Groot Is

Hier kom ek op aandag en op my plek
Sal ek my arms strek en wys dat ek kan?

As ek eendag groot is
En die tekens van resessie dood is
Wil ek ‘n nommer agt trui dra
En mense my handtekening vra

En as ek eendag groot is
En 'n vyftig rand die prys van brood is
Soek ek ‘n huisie by die see
Vra ek maar elke aand op my knieë
Maak my groen en goud
Maar ongelukkig is daai droom oud, nou sing ek

Hier kom ek op aandag en op my plek
Sal ek my arms strek en wys dat ek kan?
Hier kom ek op aandag en op my plek
Die Mexican-wave doen ek vir my span

As ek eendag groot is
En langs ‘n eiland op my eie boot is
Bring Minki vir my ‘n koue bier
Wat sy op my sixpack balanseer

En as ek eendag groot is
En Habana al ‘n Oxford-woord is
Wil ek die Wêreldbeker hou
Hom volmaak met net Dom Perignon
Maak my groen en goud
Maar ongelukkig is daai droom oud nou sing ek

Hier kom ek op aandag en op my plek
Sal ek my arms strek en wys dat ek kan?
Hier kom ek op aandag en op my plek
Die Mexican-wave doen ek vir my span

Hier kom ek op aandag en op my plek
Sal ek my arms strek en wys dat ek kan?
Hier kom ek op aandag en op my plek
Die Mexican-wave doen ek vir my span
Die Mexican-wave doen ek vir my span

Written by:
JOHAN OBERHOLZER

Publisher:
Lyrics © Universal Music Publishing Group

Lyrics powered by Lyric Find

Ray Dylan

Ray Dylan

View Profile
Ek Wens Jy's Myne Ek Wens Jy's Myne