Theuns Jordaan - Skaakspel

Dis die raaisel van die skaakspel
met die uurglas wat die tyd tel
die koning stuur kastele
die perde kry bevele
en die koningin baklei
Gooi jou kaarte op die tafel
laat jou dobbelsteen maar val
die pionne uitgepak
die witvlag laat sak
elke troefkaart in skaakmat

Silwer en skoonheid raak oud
maar ons voer nog die oorlog
ons weet die liefde weeg swaarder as goud
maar die skote klap nog
My liefling laat sak jou vuiste
en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens
deur hierdie oorlog sal ek jou dra

Daar's geheime in die legkaart
Daar's besluite by die kruispad
Die wolwe van die skape skei
Die jakkals uit die wingerd kry
En vir jou en my baklei
Daar's twee kante van die weegskaal
En n koers om te bepaal
Daar's n kompas as ons wegraak
n anker as dit rofraak
So is ons vir mekaar gemaak

Silwer en skoonheid raak oud
maar ons voer nog die oorlog
ons weet die liefde weeg swaarder as goud
maar die skote klap nog
My liefling laat sak jou vuiste
en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens
deur hierdie oorlog sal ek jou dra

Elke treë van die pad jou op my hande dra
Jou deur hierdie storms vat
As die donderweer val sal ons staan

Sien jy die silwer en skoonheid raak oud
maar ons voer nog die oorlog
ons weet die liefde weeg swaarder as goud
maar die skote klap nog
My liefling laat sak jou vuiste
en hou my hart as gyselaar
Lê neer al jou wapens
deur hierdie oorlog sal ek jou dra

Written by:
Theuns Jordaan, Johan Vorster, Christof Kotze

Publisher:
Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Lyrics powered by Lyric Find

Theuns Jordaan

Theuns Jordaan

View Profile