S1 Worship - Grote God (feat. Aliché de Wet)

Grote God aan U die eer
Heerlik is waar U regeer
Hemels is U majesteit
Heilig U geregtigheid
U wat alles onderhou
U is ewig en getrou

In genade, groot en ryk
Bou U Heer U koninkryk
Voordat ek kon kies, kon vra
Het U Seun my vloek gedra
Ek kon vind U't my gekry
Voor ek nog my skuld bely

Al die heiliges sing
Met woorde gering
En die skepping getuig
Met klanke wat juig
Grote God, aan U die eer

U, oor alles God en hoof
Open oë van geloof
Dat ons sien geen goed of kwaad
Word aan toeval oorgelaat
Bokant ons begrip, verstand
Hou U al wat is in stand
Al die heiliges sing
Met woorde gering
En die skepping getuig
Met klanke wat juig
Al die heiliges sing
Met woorde gering
En die skepping getuig
Met klanke wat juig
Grote God, aan U die eer

Written by:
S1 Worship

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

S1 Worship

View Profile