Karlien Van Jaarsveld - Hande

Diep in die donker nag
Daar waar die stilte vir ons altwee wag
Waar jy onskuldig en so veilig
Jou hart vir my verduidelik
Dis waar ek vir jou sal wag (Sal wag)

Ek wil jou hande voel
Jy weet my lyf is net vir jou bedoel (Bedoel)
Dis meer as woorde wat ek vra
Soos jou hart met myne praat
Dis intiem en dis 'n sielsgevoel (Gevoel, gevoel)

Ek sal kaalvoet loop
Oor die berge vir 'n bietjie hoop
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê

En ek sal aanhou glo
In alles goed, ek sien dit in jou oë
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê

Ek wil jou woorde proe
Wil dit nie hoor nie, ek wil dit net voel
Weet jy wat jy nog aan my doen
Jy verkoop dit in 'n soen
Dis die taal wat net jou hande praat

Ek sal kaalvoet loop
Oor die berge vir 'n bietjie hoop
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê

En ek sal aanhou glo
In alles goed, ek sien dit in jou oë
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê

Want jy weet ek kort 'n man, wat met sy hande kan praat
Want jy weet soms kom die woorde
Die woorde té laat
Jy kan maak net wat jy wil
Maar jou hande
Maak die verskil

Ek sal kaalvoet loop
Oor die berge vir 'n bietjie hoop
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê

En ek sal aanhou glo
In alles goed ek sien dit in jou oë
Ek sal doen wat jy wil hê
Solank jy dit net sê
Met jou hande sê (Hande sê)
Met jou hande sê

Written by:
CHRISTOPH KOTZE, JOHAN VORSTER

Publisher:
Lyrics © Warner Chappell Music, Inc.

Lyrics powered by Lyric Find

Karlien Van Jaarsveld

Karlien Van Jaarsveld

View Profile
Die Beste Tot Nou Die Beste Tot Nou