Kinders Vannie Suburbs - Korttermyn Liefde

Het als teveel vir jou geraak?
7 dae en 8 nagte moes ek sit en wag
Vir 'n antwoord vir die eindelose vraag
Vir n duisend dae sal my kop draai
Kan die stemme in my kop net asseblief stil raak
Vir n oomblik was ek gelukkig gewees
Tyd het stil gestaan en ek kon maar net wens dat als nie net in n oogwink sou verdwyn
Maar ek was te laat en jy wou altyd reg wees
Maar ek was te laat en jy wou altyd reg wees

Mense het gese dit gaan nie hou nie
Dis net n bemorsing van tyd
Ek bly konstant met jou skaduwee dans
En ek sukkel om te laat gaan

Ek gee een tree vorentoe maar my skaduwee
Gee ses tree terug om met jou te dans
Ek wens ek kan ophou terug gaan na die ding wat my konstant breek.
En daardie mes het my diep in die rug gesteek
Ou wonde heropen
Myself verder vernietig

Vir n oomblik was ek gelukkig gewees
Tyd het stil gestaan en ek kon maar net wens dat als nie net in n oogwink sou verdwyn
Maar ek was te laat en jy wou altyd reg wees
Maar ek was te laat en jy wou altyd reg wees

Ek's jammer indien ek pla
Ek wou net se ek gee nog om vir jou

Written by:
Corné Opperman

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Kinders Vannie Suburbs

View Profile
Onperfek Nes Ek Onperfek Nes Ek