Andries Bezuidenhout - Suster Geluk

Jou adres is duister, ek kan jou nie roep nie
Niks is gewaarborg as ek na jou soek nie
Jy dra ʼn donkerbril, pupille ʼn prisma
Ek kyk stip, maar versigtig, as ek na jou staar

Die hegste vriendskap in ʼn loopgraaf gesmee
Verdamp as oorlog aan vrede oorgee

Trou kan jy sweer, maar net tentatief
Tot die lewe ons skei het jy my lief
Jy het fynskrif vir my koffie, klousules vir my pap
Hoe nader die dans hoe meer tone word getrap

Die hegste vriendskap in ʼn loopgraaf gesmee
Verdamp as oorlog aan vrede oorgee

As jy klop dink twee keer voor ek oopmaak
Ek weet nooit wie ek saam met jou binnelaat
My naam is Geluk, die suster van Toeval
Rampspoed is my stiefma en Noodlot my pa

Die hegste vriendskap in ʼn loopgraaf gesmee
Verdamp as oorlog aan vrede oorgee

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile