Andries Bezuidenhout - Verskonings

Laetitia jy't gebel toe ek my tas oplig
Om in te weeg vir die oornagvlug
Jy wou ernstig praat, maar ek was weer te laat
En moes my pad inderhaas na Hek 12 toe maak

Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog
En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog
En wie dan vertrou as jy jou eie stories
So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou

Laetitia, jy't gebel toe die kliënt begin skel
In ʼn vergadering oor die afloop van my grootste kontrak
Tussen skerm en fondament val beton op die grond
En moes ek sonder mondering dinamiet ontlont

Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog
En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog
En wie dan vertrou as jy jou eie stories
So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou

Laetitia, ek bel terug en ek hoor die sug
In jou instruksie om ʼn boodskap te laat
Jy's seker te besig, maar ek weet jy's daar
So hier's my verskoning elektronies bewaar
As jy daarna luister en jy kan dit ontsyfer
Sal jy my ook laat weet, want ek het reeds vergeet?
Die strekking van leuens het ek afgelees
Van etikette op bottels voor hierdie spieël

Jy sien wat regtig gebeur in die hoek van jou oog
En die ware verhaal kom eers as woorde opdroog
En wie dan vertrou as jy jou eie stories
So verkeerd onthou, so verkeerd onthou, so verkeerd onthou

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile