Andries Bezuidenhout - Die Spoorlose Verdwyning Van Elvis Du Preez

Kom laat ek vertel van Elvis du Preez
Al het dit ʼn ruk gelede gebeur
Elvis wat so voetslaan, Elvis wat so stap
Met velskoene en kakies en kouse wat krap

Almal was bang as Elvis inbars
By Incognito op ʼn double time mars
Jy soek net nie kak met ʼn bras brush cut
Jy sukkel nie sommer met ʼn honderd en agt

Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak

Wat noem jy ʼn budgie met masjiengeweer?
Eenvoudige antwoord: Jy roep hom meneer
As Elvis se skouer jou stamp by die bar
Knik jy eerbiedig vir die vriendelike gebaar

Met bulderende arms maak Elvis amok
Mik na elke paar bene in enige rok
En as die tegniek die teiken mis
Ontluik daar ʼn crooner wat sing en sus

Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak

En toe het Elvis spoorloos verdwyn
Hulle sê dit was mans met ʼn bakkie en boeie
Laat daardie aand haar opgelaai
En wat toe gebeur het, kan ons net raai

Elvis, ek verdwaal ook soms in die strate
Ek kom van Pretoria, maar hierdie is nou Tshwane
Is jy nog iewers in Sunnyside, stukkende blom?
Dis dalk nou veiliger om uit te kom

Elvis rook Lexington en Boxer-tabak
Gestop in ʼn pyp uit ʼn seilknapsak
Elvis drink whisky uit ʼn blik hip flask
Deur ʼn bannelingoupa op Ceylon gemaak

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile
Onplaats Onplaats