Andries Bezuidenhout - Somer

Palms aan flarde van ou orkane
Maar nie nou nie, nie hier nie
Nie nou nie, nie hier nie
Net die wind in jou hare
Met my mond kan ek dit proe
En inasem

Jy's storm en stil soos die strand en die see
Jy's storm en stil soos die strand en die see
Jy's storm en stil soos die strand en die see

Duine geblyk deur die harde son
Maar nie nou nie, nie hier nie
Nie nou nie, nie hier nie
Net die lig op jou rug
Ek kan daaraan raak
Dit vashou

Jy's warm en koud soos die strand en die see
Jy's warm en koud soos die strand en die see
Jy's warm en koud soos die strand en die see

Rotse geslyp deur aanhoudende branders
Maar nie nou nie, nie hier nie
Nie nou nie, nie hier nie
Net ʼn druppel in jou nek
Wat ek met my vinger afvee
En aan proe

Jy's droog en sout soos die strand en die see
Jy's droog en sout soos die strand en die see
Jy's droog en sout die strand en die see

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile