Andries Bezuidenhout - Dungeons & Dragons

Soggens om vyf op my dikwielfiets
Om die regering se beeld vir sakgeld te verkoop
Mamelodi was te ver om van te hoor
Maar die rook kon ons sien as ons skool toe loop

Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees

Pac Man, Commodore en ZX Spectrum
Het van ons pioniersprogrammeerders gemaak
Veldskool, kadette en Voorstrekkerkampe
Om ons teen die Beatles weerbaar te maak

Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees

Crinkle paper oor die garage se buislig
"Like an earth quake" en later Say you, say me
En na cane, passion fruit en lemonade
Was Trompies en Saartjies nie meer so skaam nie

Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees

Nou's jy getroud met ʼn man van Kalifornië
Foto's van jou kinders op jou facebookprofiel
My drank en my rekenaar sterker as destyds
Daar's pille en alarms vir my laatnag nostalgie

Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees

Jy's weg na die eksamen, glo na die Vrystaat
Wou nooit verklap wie die pa was nie
Prosedure in Swaziland, of aanneemouers?
Ek wonder soms, maar nou maak dit nie saak nie

Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees
Daardie een aand Salome, daardie een aand Salome
Was ons meer as net vriende gewees

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile