Andries Bezuidenhout - Wilgedorp Se Rasionaliseringsballade

In die dertigs, na die depressie
Is die stasie hier gebou
En het toe vir vyf dekades
Wilgedorp se tyd gehou

Kort daarna, bank en skool
Koöperasie en ʼn kerk
Silo's en selfs ʼn haarsalon
Vir Maurice om in te werk

Dis die stasiemeestervrou
Wat die kannabeddings onderhou
Terwyl portiere vroeg al poets, poleer
Aan die koperletters bo die deur

Passasiers kom uit die stad
Bly by die Masonic Hotel
In die kroeg kan jy sien hulle luister
Na die stories wat ons vertel

As die goederetrein na middernag
My in die stoepkamer kom wakkermaak
Kan ek omdraai met die wete
Ek kan ure langer slaap

Dis die stasiemeestervrou
Wat die kannabeddings onderhou
Terwyl portiere vroeg al poets, poleer
Aan die koperletters bo die deur

Onlewensvatbaar
Sê konsultant en amptenaar
Nou staan spore langs die silo's braak
Wat gaan die boere maak?

Spekuleer, meganiseer
Masjien maak op waar mens makeer
Frankensteinpitte intensiveer
Gate onder lorries in die teer

Met die spoor gekom om hier te bly
En toe weer padlangs weggery
Want ʼn stasie sonder treine
Is ʼn plek waar jy net agterbly

Die wagkamer is stil
Net ʼn dwaalgees op die perron
Maar as jy fyn luister kan jy nog hoor
Hoe die laaste trein verbykom

Met die spoor gekom om hier te bly
En toe weer padlangs weggery
Want ʼn stasie sonder treine
Is ʼn plek waar jy net agterbly

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile