Van Wyk Brand - Mal Saam

Kom ons hardloop die nag in
Verkoop ons harte aan mekaar s'n
Kom ons skreeu ons longe weg
En lag tot ons maagspiere saam trek

Kom ons ry aan die verkeerde kant van die pad
Deur die strate
Van 'n verlate stad
Kom ons drink te veel en slaap te laat
Sien hoe ons mekaar se siele aanraak

Kom ons wees mal saam
Kom ons breek deur die branders
Kom ons wees mal saam
Want vir my is jy anders

Kom ons roadtrip deur Van Reenen's pas
Luister musiek en hou mekaar heel aand vas
Loop saam op die strand
En kry mekaar weer aan die ander kant

Kom ons gooi klippe teen ruite
En maak seker ons spandeer ons tyd buite
Kom ons soen hardop
En baklei saggies
Maybe 'n laataand movie

Kom ons wees mal saam
Kom ons breek deur die branders
Kom ons wees mal saam
Want vir my is jy anders
Kom ons wees mal saam

Kom ons wees alles vir mekaar
Kom ons dans tot die wêreld vergaan
Kom ons dra mekaar vir altyd
Kom ons maak mekaar se stryd
Lig

Kom ons wees mal saam
Want vir my is jy anders

Written by:
Van Wyk Brand

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid, PARADISE ENTERTAINMENT & DISTRIBUTION GMBH

Lyrics powered by Lyric Find

Van Wyk Brand

View Profile