Van Wyk Brand - Verander

3 uur en my kop besluit om al die sluise oop te maak
Nostalgie met 'n bietjie suur
En my hart het weer gestaak

Onthou jy toe die see ons siele vieslik deurmekaar gemaak het
Die son het oor die horison ons slaap patroon geraak

Alles was so maklik toe ons ouers ons kon red
Toe grootmens wees ons wakker klap
En ons begin besef het

Kan ek my paaie verander
Sal my siel dit kan benader
Ek weet dit sal my nog soos altyd vir 'n rukkie breek
Maar dis tyd om te verander

Om terug te kyk het my geleer
Om los te breek van al die seer
Om groot te word beteken nie
Ek kan nie 'n kind wees nie
Nie 'n kind wees nie

Kan ek my paaie verander
Sal my siel dit kan benader
Ek weet dit sal my nog soos altyd vir 'n rukkie breek
Maar dis tyd om te verander

Ek weet dit sal my nog soos altyd vir 'n rukkie breek
Maar dis tyd om te verander

Written by:
Van Wyk Brand

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid, PARADISE ENTERTAINMENT & DISTRIBUTION GMBH

Lyrics powered by Lyric Find

Van Wyk Brand

View Profile