Van Wyk Brand - Hoe Moet Ek Voel

Hoe moet ek voel
As dit wat ek voel heeltyd verkeerd is en
Verinneweer is

Hoe moet ek leef
As hoe ek leef heeltyd donker en leeg en versteek is

Bring my neer
Laat sak my seer ses voet diep
'N Laaste keer voor ek weer na die duisternis toe terugkeer
Laat val die meer gevreesde tye neer
Want terug kyk maak mos meer sin as
Om vir die toekoms te sing

Niemand kry dit nie en niemand sal nie
Nooit nie

Die water tref my voete
Liefling ek versuip aan al jou tweede soene
Tweede soene
Die golwe breek oor alles
Daar is tye wat klaar is
Die son baklei met die atmosfeer

Bring my neer
Laat sak my seer ses voet diep
'N Laaste keer voor ek weer na die duisternis toe terugkeer
Laat val die meer gevreesde tye neer
Want terug kyk maak mos meer sin as
Om vir die toekoms te sing

Niemand kry dit nie, niemand sal nie
Ek moet mos net altyd kan verstaan
En dele van myself af staan
Sien hoe my woorde en my hart
Aan die einde van die pad
In die donker stil staan

Niemand kry dit nie en niemand sal nie
Nooit nie

Bring my neer
Laat sak my seer ses voet diep
'N Laaste keer voor ek weer na die duisternis toe terugkeer
Laat val die meer gevreesde tye neer
Want terug kyk maak mos meer sin as
Om vir die toekoms te sing

Written by:
Van Wyk Brand

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid, PARADISE ENTERTAINMENT & DISTRIBUTION GMBH

Lyrics powered by Lyric Find

Van Wyk Brand

View Profile