Marthie Nel Hauptfleisch - Slaap nou my prinsie

Slaap nou my prinsie so klein
Daglig het lankal verdwyn
Buitekant is dit al nag
Moedertjie hou by jou wag

Skapies en voëltjies rus
Word deur die windjie gesus
Slaap wyl die sterretjies skyn
Slaap nou my prinsie so klein
Doedoe doedoe

Wie's so tevrede soos jy?
Wat jy wou het jy gekry
Maatjies het met jou kom speel
Nooit het die tyd jou verveel

Nou's jy versorg en gevoed
Rustig en stil jou gemoed
Wyl maan en sterretjies skyn
Slaap voort my prinsie so klein
Doedoe doedoe

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile