Manie Jackson - Sprei Jou Vlerke My Kind

Soos ek staan en kyk hoe jy slaap
Kom daar trane en weemoed in my oë
Want ek weet die dag kruip nader
Wat ek jou
Moet laat gaan

Sprei jou vlerke wyd en vlieg nog hoër my kind
En onthou vir altyd die band wat ons twee bind
Dan sal jy weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink

Ek onthou jou kleintyd se sêgoed
Ek sien weer jou speelgoed rondlê
Daardie tyd voel nog soos gister
Toe jy sag met jou kop op my skoot kom lê

Sprei jou vlerke wyd en vlieg nog hoër my kind
En onthou vir altyd die band wat ons twee bind
Dan sal jy weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink

My wens net vir jou is lewensvreugde
Die lewe roep
Net vir jou my kind

Jy moet net weet dat ek altyd aan jou dink
Jou toekoms wink waar die sterre blink
Jou toekoms wink net vir jou my kind

Written by:
MANIE JACKSON, BERND MEINUNGER, ALFONS WEINDORF

Publisher:
Lyrics © BMG Rights Management, Bluewater Music Corp.

Lyrics powered by Lyric Find

Manie Jackson

Manie Jackson

View Profile
Sprei Jou Vlerke Sprei Jou Vlerke