Big Chief Botha - Net Jy

Net Jy
In my hart 'n kronkelpad, deur jou kaalvoet uit getrap
Donker winter weer wat maal daar het jy vir my kom haal
Vou my op en pak my in jou rugsak vol van liefde

Gryp my hand en ruk my weg
Verlei my oë en verdrink my in jou diepte
Versmoor my met jou liefde
Ja jy, jy, jy
Ontvoer my lyf, bedwelm my
Vervloek my vrees en verlos my van 'n keuse
Verdraai my in jou wese, ja jy

'N Skans gebou in sak en as, met selfverwyt en haat gelas
Gedraai in kringe blind en dors, daar het jy my kom verlos
Skuur my af en verf my oor met jou warrelwind van liefde

Gryp my hand en ruk my weg
Verlei my oë en verdrink my in jou diepte
Versmoor my met jou liefde
Ja jy, jy, jy
Ontvoer my lyf, bedwelm my
Vervloek my vrees en verlos my van 'n keuse
Verdraai my in jou wese, ja jy
Ja jy...
Ja jy...
Verdrink my in jou diepte
Versmoor my met jou liefde
Net jy

Written by:
Sarel Botha

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Big Chief Botha

View Profile
Net Jy - Single Net Jy - Single