Anneli Van Rooyen - Nogtans Sal Ek Sing

Klipsteen harde wegkeer mure
Yster grendels veldbrand vure
Geen pad uit wat ek kan sien
Uitkoms kan ek nie verdien nie

Doodloopstrate trek ‘n vangnet
Slotte teen my wat my vas het
Waar sal hulp en krag vandaan kom?
Hier kniel ek my tong en lippe stom

In die graf kan ek nie sing nie
Uit die dood lof aan U bring nie
Hierdie pyn kan ek nie keer nie
Hier teen het el geen verweer nie

Magteloos kan ek nie juig nie
Vreesbevange voor U buig nie
U Woord sê staan op my kind
In jou swakheid word my krag volbring

Hier’s my mond gesig en oë
Hier is ek so moeg verlore
Gekraakte kruik maar U’s die water
U’s die Skepper en ons Vader

Geknakte riet sal U nie breek nie
Dowwe lamp wat nie vergeet nie
Deur die vuurproef sal U saamgaan
En dit alles om U Naam ontwou

Uit die stof sal U my optel
En my voete op ‘n berg staan
Uit die pyn weer asem voortbring
U's my mond U laat my sing

En in U Woord spreek U die lewe
Word ek heel totaal vergewe
Selfs al word ek nie genees nie
Nogtans Here nogtans sal ek sing

Uit die stof sal U my optel
En my voete op ‘n berg staan
Uit die pyn weer asem voortbring
U's my mond U laat my sing

En in U Woord spreek U die lewe
Word ek heel totaal vergewe
Selfs al word ek nie genees nie
Nogtans Here nogtans sal ek sing

Nogtans Here nogtans sal ek sing

Written by:
ANNELI VAN ROOYEN

Publisher:
Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Lyrics powered by Lyric Find

Anneli Van Rooyen

Anneli Van Rooyen

View Profile