Anneli Van Rooyen - U Sal My Kry

Nag sal vanaand skyn oor als wat leef
Brand warm wit in ‘n kring hier vlak voor my oë
Uit diepe wanhoop sal U my lei
U hemel lig en U hand sal oor my kan bly

En elke sirkel kwart of sekel
Elke helfte elke donkermaan is Hy
Daar is Hy

Al het my hart my ster verskiet
Al is ek stippel klein ek weet U sal my kry
U sal my kry

U sal my vashou red vergewe en verbind
U gee U lewe en U maak van my U kind

Tussen die sterre U Woord geweef
U Woord wat staan elke lyn wat U woeg sal leef
Duisende kruise in hemeltaal
Laat my verstaan dat U liefde my sal kom haal

En elke sirkel kwart of sekel
Elke helfte elke donkermaan is Hy
Daar is Hy

Al het my hart my ster verskiet
Al is ek stippel klein ek weet U sal my kry
U sal my kry

U sal my vashou red vergewe en verbind
U gee U lewe en U maak van my U kind

Ek weet U sal my kry

Ek weet U sal my kry

Written by:
ANNELI VAN ROOYEN

Publisher:
Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Lyrics powered by Lyric Find

Anneli Van Rooyen

Anneli Van Rooyen

View Profile