Marli Monster - Whiskey Of Wyn?

Dis sesuur, sonop, haal net asem en staan op
Maar jou lyf is te swaar vir jou om rond te dra
So, wat nou?
Jy's effens stukkend
Wat van jou oorbly word net minder en minder
Rou geskuur deur die dag vir dag
Jy is moeg en jy is keëlvol
En jy hoop die naweek kom gou
Drink jy whiskey of wyn?
Wat gebruik jy vir die pyn?
Hou jy jou sirkels maar net klein
En wag dat die lewe jou teleurstel?
Jy weet jy kan verdwyn
In 'n sekonde weggly
Was 'n verkeerde besluit
Die laaste keer wat jy iets beteken het?
Jy wens jy kon meer doen
Minder droom, iemand weer soen
Maar jou brein is te swaar om nog jou hart te dra
Jou dag bly blou
Sleep jou voete voorentoe
Tree vir tree dis wat almal doen
Tot die laaste keer wat jy jou oë toemaak
En jy's klaar gestap
Dinge is rof en dit raak beter
Maar nie vandag nie dis verseker
So, drink jy whiskey of wyn?
Wat gebruik jy vir die pyn?
Hou jy jou sirkels maar net klein
En wag dat die lewe jou teleurstel?
Jy weet jy kan verdwyn
In 'n sekonde weggly
Was 'n verkeerde besluit
Die laaste keer wat jy iets beteken het?
So, drink jy whiskey of wyn?
Wat gebruik jy vir die pyn?
En wat sê jy vir jou brein
In die oggende as dit moeilik is om op te staan

Written by:
Marli Monster, Marli Geyser

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Marli Monster

View Profile