Marli Monster - Ruggraat

Die dae was lank
Die aande kort
Toe ons ontmoet het

Ek was vasgevang
Jy vat my hand
Dit was genoeg net

Ek en jy
Wat deur strate dryf
En iets mooi's gesoek het

Dit was genoeg vir my
En jy was genoeg

En ek kan voel hoe jy my hand vat
Ek kan voel hoe jy my soen
En ek wens ek kon tyd terugdraai
Om dit alles weer te doen
En al waaroor ek wonder
Is hoe kan jy vergeet?
Want ek kan nie

En waar's jou ruggraat, Liefing?
Was alles waarin ons glo
Net 'n klug om in my hart te breek
En my stadig te vermoor?

Was ek te mak vir jou?
Te sag vir jou?
Het ek jou begin verveel?
Beeldskone verraaier wat op die einde
Net met my wou speel

Ek kan nog voel hoe jy my hand los
Ek kan voel hoe jy wegspoel
En ek wens ek kon net meer wees
En minder vir jou voel

En ek kan voel hoe jy vergeet van my
Jy vergeet as jy haar soen
En ek hoop jy doen nie
Maar ek weet jy doen
En ek hoop jy doen nie
Maar ek weet jy doen

Written by:
Marli Geyser

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Marli Monster

View Profile