Marthie Nel Hauptfleisch - Ek Mis Jou (Vir Pa)

Jy is die sout van die aarde
Jy het veel waarde
Vir my het jy iets kom beteken
Ek onthou jou nou nog

Ek mis jou
Soos somer reën in Natal
Ek mis jou
Soos die donderweer in die gang

En die blitse slang, kastele in die lug
Dis fantasties
Ongelooflike gesig

Ek mis jou
Soos ryp op 'n koue more
Ek mis jou
Maar teen tien-uur is my truitjie uit

En die sneeu val net een keer
Een keer in vier jaar
Dis fantasties
As die winter son kom bak

Ek mis jou
Soos ek jou onthou, koester ek jou
Sal nooit ooit vergeet nie
Wat ek by jou kom leer het nie

Ek mis jou soos die boeke op die rak
Ek mis jou
Wat ons smokkel deur die venster

Jy's my pa, jy was nog altyd daar vir my
Dis fantasties
Want jou bloed vloei ook in my

Jy is die sout van die aarde
Jy het veel waarde
Vir my het jy iets kom beteken
Ek onthou jou nou nog

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile