Dirk Van Der Westhuizen - Perfek Onvolmaak

Ek ken die leemtes van alleen
Hul sê steek weg jou seer ons soek jou sonskyn nie jou reën
Ek weet al om te glimlag deur my pyn
Hul sê kalmeer wees bly sluk af jou trane met jou wyn

Want my seer is deel van wie ek is
Jy kry my so of jy kry niks

Vat my soos ek kom of los my uit
Ek is net ‘n mens, 'n mens soos jy

Ek is braaf, ek is bang, ek is sterk en bitter swak
Onvolmaak, wees reg vir wat jy kry
Want ek steek niks weg jy’s als van my
Ek ken kwaad, ek ken haat, ek bly ek onbeskaamd
Onvolmaak

Skiet maar weer jou pyle deur my vel
My letsels wys waardeur ek was ek kan jou als daarvan vertel
Ons sê ‘n man se broosheid moet nooit wys
Maar ek maak oop met die hoop dat ander sal sterk word in my pyn

Want my seer is deel van wie ek is
Jy kry my so of jy kry niks

Vat my soos ek kom of los my uit
Ek is net ‘n mens, 'n mens soos jy

Ek is braaf, ek is bang, ek is sterk en bitter swak
Onvolmaak, wees reg vir wat jy kry
Want ek steek niks weg jy’s als van my
Ek ken kwaad, ek ken haat, ek bly ek onbeskaamd
Onvolmaak

Perfek onvolmaak
Perfek onvolmaak
Perfek onvolmaak

Vat my soos ek kom of los my uit
Ek is net ‘n mens, 'n mens soos jy

Ek is braaf, ek is bang, ek is sterk en bitter swak
Wees reg vir wat jy kry
Want ek steek niks weg jy’s als van my
Ek ken kwaad, ek ken haat, ek bly ek onbeskaamd
Onvolmaak

Perfek onvolmaak
Perfek onvolmaak
Perfek onvolmaak

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Dirk Van Der Westhuizen

View Profile