Dirk Van Der Westhuizen - Roekeloos

Maak my sommer roekeloos

Ek het 'n gedagte ek wil dit vir jou sê
Terwyl jy by my met jou kop hier op my bors lê

Is ek in die hemel?
Want my liewe magtig
Jy's van jou kop tot by jou tone bitter pragtig

Ek trek my weg jy trek my nader
Ek sê sagter jy gaan harder
Iemand stop ons want ek verloor beheer

Ek het nooit gedink die lekker kon so lekker wees nie
Ek probeer dit keer maar ekke wil nie eers nie dit is te veel vir my
Ag gee bietjie meer vir my

Ek wil dit in hou maar ek kan nie meer, ek kan nie meer nie
Hoe harder ek probeer ek kan dit net nie keer nie
So bitter lank gesoek vir iemand soos jy

Maak my sommer roekeloos jy
Maak my sommer roekeloos jy
Roekeloos
Maak my sommer roekeloos

Kan ons in die bed bly?
Al is dit Vrydag
Die hele wêreld buite los hy kan vir ons wag

Dalk is ek suinig
Wil jou net vir my hê
Maar ek is jammer ekke moet dit weer vir jou sê

Ek trek my weg jy trek my nader ek sê sagter jy gaan harder
Iemand stop ons want ek verloor beheer

Ek het nooit gedink die lekker kon so lekker wees nie
Ek probeer dit keer maar ekke wil nie eers nie dit is te veel vir my
Ag gee bietjie meer vir my

Ek wil dit in hou maar ek kan nie meer, ek kan nie meer nie
Hoe harder ek probeer ek kan dit net nie keer nie
So bitter lank gesoek vir iemand soos jy

Maak my sommer roekeloos jy
Maak my sommer roekeloos jy
Roekeloos
Maak my sommer roekeloos

Jy trek my nader ek sê sagter jy gaan harder
Iemand stop ons want ek verloor beheer
En nooit gedink nie

Ek het nooit gedink die lekker kon so lekker wees nie
Ek probeer dit keer maar ekke wil nie eers nie dit is te veel vir my (Te veel vir my)
Ag gee bietjie meer vir my (Meer vir my)

Ek wil dit in hou maar ek kan nie meer, ek kan nie meer nie
Hoe harder ek probeer ek kan dit net nie keer nie
So bitter lank gesoek vir iemand soos jy

Maak my sommer roekeloos jy
Maak my sommer roekeloos jy
Roekeloos
Maak my sommer roekeloos

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Dirk Van Der Westhuizen

View Profile