Andries Bezuidenhout - Opgawe

Kyk hier sit ek voor die klawers in flenters en katoen
Ongelukkig net soveel wat jy met snare en ivoor kan doen
Iewers uit 'n fles se kolk het ek 'n wysie gaan roep
Iewers op 'n boekrak wat ek wou sê gaan soek

Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra

Met sleutels sluit ek deure dig, maar ontsluit 'n melodie
Oor die loute van my amberglas gee ek nie regtig om nie
Soms oorspronklik soms gesteel, meestal sommer net geleen
Nou impromptu, dan berekend, my klavierkonsert vir een

Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra

Dis net dat ek soms vergeet wat in die oomblik gebeur
Nalaat om neer te pen wat die note my leer

Gister, eergister, môre, of miskien die dag daarna
Sal jy my vir 'n opgaaf van vandag kan vra

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile