Andries Bezuidenhout - Nagspel
Die wind speel om die huis se hoeke
Dis 'n bitter melodie
Wat soos gesigte uit ou boeke
Kom en vra ken jy my nie
Jy probeer jouself herinner
Maar jy's gevang deur tyd en plek
En daar's iets wat jou verhinder
Om die oorsprong te ontdek
Want jy's die som van alle jare
En algaande word jy blind
Tog onbegrypend hoor jy snare
Soms in die nagte in die wind
En deur die deur se krake
Skyn 'n skreef kitaar se klank
Iets van alle vroeër wake
Iets van bid en hoop en dank
Want wind en ses stil snare
Speel alleen maar 'n duet
Van vroeër en van later jare
En jy's al wat jy nog het
Want jy's die som van alle jare
En algaande word jy blind
Tog onbeskryflik hoor jy snare
Soms in die nagte in die wind
Written by:
Andries Bezuidenhout, Koos Du Plessis
Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid
Lyrics powered by Lyric Find