Andries Bezuidenhout - Net Nog 'n Liefdeslied

Elke tweede lied handel oor die liefde
Liefde gewen of liefde verloor
Oor afstand of nabyheid, wolke en reënboë
Die klank van 'n stem, die kleur van oë

Maar vir jou het ek net hierdie enigste lied
Dis net vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied

Ek hoor die liefde is universeel
Dis 'n album vol foto's en soms 'n spieël
Soms kan ek my verbeel dis deel en dalk uitdeel
Soms is dit diefstal en soms sommer speel

Maar vir jou het ek net hierdie enigste lied
Dis net vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied

Soetsappig miskien, of dalk selfs geyk, 'n
Liefdeslied gee ek jou gelyk
Is meestal te rou te hart op die mou
Maar die een is nietemin net vir jou

So vir jou het ek net hierdie enigste lied
Ek bring dit vir jou, dis spesifiek
Laat geen ander dit dan sing nie
Vir iemand anders bring nie
Dis al wat ek het om aan te bied

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile