Andries Bezuidenhout - Heks Van Die Karoo

Persoonlik dink ek nie
Lavinia is 'n heks nie
Al dink almal anders hier so
In bangmaakstories
Speel sy 'n hoofrol
Op hierdie dorp in die Karoo
Sy't sewe katte
En 'n rot in 'n hok
Teleskoop op die balkon
En 'n kraai op haar nok

Wat lees Lavinia in die sterre
Wat praat sy met die maan
Sien sy patrone in hierdie wolke
Wat ons almal ander verbygaan

Hier rond kook ons mos
Als tot dit grys is
Lavinia het antieke resepte
Vol soel speserye
En bottels vol kwepers
En perskes en vye
En pakkies met peper
En wilde olywe

Wat lees Lavinia in die sterre
Wat praat sy met die maan
Sien sy patrone in hierdie wolke
Wat ons ander verbygaan

Een middag in die winter
Nooi sy my binne
In potyster brou sy
Vir ons 'n koppie tee
Praat oor Kaapstad
Van lank gelede
Waar als die heeltyd
Aanhou beweeg

Kabaret en toneel
Oor skrywers en akteurs
Vertel van 'n vriendin
Dit was so lank gelede
En voor sy haar storie
Kon klaar vertel
Hoor ek hoe klop
My pa aan die deur

Wat soek jy Lavinia
Op hierdie Karoodorp
Waar niks aangaan nie
Sien jy patrone in hierdie wolke
Wat ons ander verbygaan

Written by:
Andries Bezuidenhout

Publisher:
Lyrics © O/B/O DistroKid

Lyrics powered by Lyric Find

Andries Bezuidenhout

Andries Bezuidenhout

View Profile
Dink Aan Planete Dink Aan Planete