Steve Hofmeyr and Touch Of Class - n Pa se Hart

Al sien jy nie meer die tuine en die treine
Of die stad van jacaranda soos hy was
Die bitter mooi van Hatfield Square wat wemel
Soos die mense samesyn lot laat in die nag

En al ken jy nie ‘n wêreld waar die mense op wil staan
Glo ek jy sal eendag kan

En ek sal jou beskerm as jy bang raak
En die stemme in die donker vir jou stil maak
Maar die vlamme van die brand sal jou nie aanraak
Want elke Pa se hart geskryf in wit en swart

Al hoor jy nie ‘n stem vol hoop en leiding nie
En al sien jy nie ‘n voorbeeld wat volg
Nie ‘n nuusberig oor damme wat oorloop
Of ‘n volk wat vir sy medemens wil sorg

En al sien jy nie ‘n wêreld waar die slegte goed vergaan
Glo ek jy sal eendag kan

En ek sal jou beskerm as jy bang raak
En die stemme in die donker vir jou stil maak
Maar die vlamme van die brand sal jou nie aanraak
Want elke Pa se hart geskryf in wit en swart

Weet jy hoe ek bid vir jou, ek huil vir jou my kind
‘n Wêreld wat ons eens geken het, het weg gewaai deur winde van verandering
Die winde wat die brande bring, jou stem sal eendag saam kan sing

En ek sal jou beskerm as jy bang raak
En die stemme in die donker vir jou stil maak
Maar die vlamme van die brand sal jou nie aanraak
Want elke Pa se hart geskryf in wit en swart

En ek sal jou beskerm as jy bang raak
En die stemme in die donker vir jou stil maak
Maar die vlamme van die brand sal jou nie aanraak
Want elke Pa se hart geskryf in wit en swart
Geskryf in wit en swart

Written by:

Publisher:
Lyrics © DAVID GRESHAM MUSIC

Lyrics powered by Lyric Find

Steve Hofmeyr and Touch Of Class

View Profile