Marthie Nel Hauptfleisch - Begrawe my in Suid-Afrika

Begrawe my in Suid-Afrika

Begrawe my in Suid- Afrika
Begrawe my In Suid- Afrika
Aah
Dit is my wens, Dit is my land
Suid- Afrika
Waar die berge dreun
En water tuimel
Waar die voëls soggens en die uile skemer sing
Waar jy kan boer met sonskyn en grond,
Jy tog altyd nuut kan begin.
Hier klim ek gretig hierdie aarde in
Ja ek klim gretig in.
Want dit is waar my hartklop begin en eindig
My hart klop
verewig Afrika.
Begrawe my in my vleuelklavier
En gooi my as uit oor die kosmos van Natal
Skep ek arms vol Kaapse fynbos
In my laaste asemteug
Skink vir my 'n beker vol
moerkoffie Met karringmelkbeskuit
Roer my boeliebeef met uie om
Ek soek dom pedro met kahlua asseblief
Afrika Suid-Afrika
Vleg vir my n koeksister met stroop
Gooi bietjie ekstra ka neel oor die melktert oor
Smoor wilde sampioene met die beesstert by
En as jy kry waterblommietjies met suurings uit die tuin
Ek wil nog op die hoogste dak gaan sit
En swart en wit note speel en soek
Met Tafelberg as 'n gordyn
Die grend finale waarmee ek my gronddeksel kry.
Ek wil nog my tone eenkeer in Blouberg se sand gaan druk
En weghardloop as die koue see met skuim kom speel en vat-vat-vat
En luister hoe bos en berg saam asemhaal
Rondom die kroonare van die hoogste berge
Hoogste berge, berge
Begrawe my in Suid-Afrika
Begrawe my In Suid-Afrika
Dit is my wens, Dit is my land
Suid- Afrika
Waar die berge dreun
En water tuimel
Waar die voëls soggens en die uile skemer sing
Waar jy kan boer met sonskyn en grond,
Jy tog altyd nuut kan begin
Hier klim ek gretig hierdie aarde in
Ja ek klim gretig in
Want dit is waar my hartklop begin en eindig
My hart klop
verewig Afrika

Outtro: Verewig Afrika
Afrika
Ah Suid-Afrika
Begrawe my in Suid-Afrika
Suid-Afrika.

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile