Marthie Nel Hauptfleisch - Kosblik Kotteljons (Featuring Nell Hauptfleisch & Jean Hauptfleisch)
Kosblik kotteljons
Koor: Staan op jou kosblik, Staan op jou kosblik
Staan dapper en staan sterk
Jy’t jou manier,
En ek het my manier
En dis hoe die dinge werk
Jy mag my nie boelie nie,
want ek is spesiaal
Ek mag jou nie boelie nie,
want jy is spesiaal
V1: Partykeer kan ons saamspeel
Of heeltemal apart
Hoe vervelig sal dit wees
as ons dieselfde was?
V2: Jy maak my hartjie seer
as jy lelike goed sê,
my terg en spot, my goed vat
Dit maak my kwaad en bang
V3: Maar as ek op my kosblik staan
Kan ek jou ignoreer
Met my maatjies lekker speel
Jou stoutwees rapporteer… Juffrou!…Mamma!…
Kyk ek… Staan op my kosblik…
Koda: Ons doen die kosblik kotteljons!
Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH
Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave
Lyrics powered by Lyric Find