Marthie Nel Hauptfleisch - Twee Tasse En 'n Paspoort

Hier staan ek nou
Vers1: Hier staan ek nou
Gebrei deur wind en weer en hande
Gereis oor seë en kontinente (instr)
Vers 3: Hier staan ek nou
Met twee tasse en ‘n paspoort
En ek wonder waar my hart hoort? (Instr)

Koor: Die mense wat aan my lyf klou
-Kom groei aan my vas
-Maak plek vir nog mense
-Voel of jy altyd hier was
Dan soek ek ‘n antwoord
-Is ek die -
verlore seun, verlore mens
Gevind deur jou?(Instr)

Vers 3: Hier staan ek nou
So gevorm deur my mense
Wat kom loop hier deur my lewe (instr)
Vers 4: Hier staan ek nou
Vetrek met taxis en `n vliegtuig
En dis vir jou wat ek vaarwel wuif (instr)
Brug: Nou bly jy in Duitsland
En Liezel in New Zealand
En ek bly in Kanada
en tussen ons is seë

Vers 5: Hier staan ek nou
So geanker deur my mense
Wat kom loop hier deur my lewe (instr)
Vers 6: Hier staan ek nou
Met twee tasse en ‘n paspoort
En ek wonder waar my hart hoort? (Instr)

Koor: Die mense wat aan my lyf klou
-Kom groei aan my vas
-Maak plek vir nog mense
-Voel of jy altyd hier was
Dan soek ek ‘n antwoord
-Is ek die -
verlore seun, verlore mens
Gevind deur jou?(Instr)

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile