Marthie Nel Hauptfleisch - Kom Dans Pietersielie

Kom dans Pietersielie
Vers 1: Ek wil nog eenkeer die viooltjies sien blom in my tuin
Kyk waar die mint gaan uitpop en groei en vervuil
Wonder of die bloureen- vanjaar ooit sal blom?
wou die vyeboom nog plant- spesiaal in die son
En die dogwood wat daar staan en kyk dis amper al ‘n jaar

Vers 2: Maar ek bly te besig om ‘n gat te kom spit vir ‘n boom
Want hier groei net bossies in moedswillige grond en rizoom
Plant ek 20 pakkies saad, vreet die slakke dit elke aand
Leer jy my hoe om te groei, waar selfs gras skadus stoei
Jy’s die enigste klein plantjie wat dit deur die somer maak!

Brug: Hy is ‘n loskop, krulkop: wild en groen
Oorleef op oorskiet water, oorskiet son
Ek dog die sneeu sal jou die spit laat byt
Maar kyk hier kom jy wragtag weer flink-flink uit!

Koor: Kom dans Pietersielie, lekker in my tuin
Kom dans pietersielie voor die son verdwyn
Kom wys al die mense, hulle loop verby
Wie regtig die baas is, van hierdie tuin

Vers 3: Langs jou pronk tulpe, bont primulas juig in ‘n ry
Geel affodille terg varings wat krul-lekkerkry
Maak jy plek vir die bleeding heart, wat met jou deel haar pyn en smart
Loer die rooiste azaleas, wens dat jy nader was
Sprei die vlinderbos haar koelte in ‘n sagter purpur blos.

Written by:
MARTHIE SMIT HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile