Marthie Nel Hauptfleisch - Ek Kyk Op Na Die Berge

Psalms 121 Die Here is my beskermer

Ek kyk op na die berge
Kom my hulp daarvandaan?
Nee, my hulp kom
Van die Here,
Wat hemel en aarde gemaak het.

Hy laat jou voet
Nie struikel nie;
Hy wat waak oor jou, slaap nie.
Hy wat oor Israel waak,
Sal nooit sluimer of slaap nie.

Die Here waak self oor jou
Die Here is jou beskermer
Aan jou regterkant
(Aan jou regterkant)

Dis son sal jou bedags
Nie aantas nie,
Nog minder die maan
In die nag.
Die Here bewaar jou
Van alle kwaad
En Hy beskerm jou lewe
Die Here hou wag oor jou,
Of jy kom of gaan,
Nou en vir altyd.

Written by:
MARTHIE HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile