Marthie Nel Hauptfleisch - Wasgoed Song

Wasgoed

Kyk hoe hang die wasgoed op die draad
Soos bont gebede vir my Pa
Ek kyk deur my venster
En jy kyk deur joune
Ek wonder wat sien jy raak?
Ek hoop dis iets wat saakmaak.

Daars ‘n son wat oor ons almal skyn
En die wind waai die wasgoed soontoe
Daar’s ‘n bittereinder pennetjie wat altyd haasbek bly hang
En maak die kreukels op die lakens
en tafeldoeke
En jy was jou wasgoed met wit kneukels
witter as wit, witter as wit.

Totdat die borrels opstaan en die water spat
en die wasgoed op die draad bly sit
ons word almal beloon vir tyd en moeite
maar hier kyk ons almal nog deur vuil ruite…
na dit wat buite sit
want dis ‘n onstuimige aarde
met ewige feilbare mense
waarvan ons almal bure is

wie sal sê hoe die wind vandag gaan waai?
wie sal sê of jy arm of rykman draai?
ons almal is op soek
ons almal wil iets hê
maar dis net gehoop in liefde

vensters was en wasgoedbondels
en als wat mooi is vir jou vriend
ek sien jou aan die anderkant
want daar is ‘n Here

en Hy was ons witter as wit , witter as witter.
Hy stryk al die kreukels
En haal al die vuil kolle uit
Vir Hom is al jou foute, Wat Hy in waarde vind
Vir Hom is al jou foute, Wat Hy in waarde vind
Wat Hy in waarde vind

Written by:
MARTHIE HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile
My Beker Loop Oor My Beker Loop Oor