Marthie Nel Hauptfleisch - Moenie Meer Twyfel Nie

Godsbeloftes(Fil 6:4)

V1a: Heer vanaand twyfel ek weer
My gebede bly hang in die lug
Wat ek vra is dalk te veel
So selfsugtig, so tipies mens

V2b: Waar is U beloftes nou?
Daar is dan geen antwoord nie!
Gee my nou U wysheid Heer
my gebede’s U tot eer.
(inst)
V3a: Maak my oë oop ek wil sien
Net U wil Heer soos U my wil lei.
‘k Vertrou net op die Heer
‘k Glo elke woord wat Hy skryf.

V4b: Help my om te glo o Heer
Leer my tog vertrou op U
Die goeie sal die kwaad oorwin
As ek vra sal ek ontvang.

Koor: ‘k Moenie meer twyfel nie
maar maak in alles
my begeerte
deur gebed en deur smeking
en met danksegging
aan God my Heer bekend.
(instr)
Koor: ‘k Moenie meer twyfel nie
maar maak in alles
my begeerte
deur gebed en deur smeking
en met danksegging
aan God my Heer bekend.
//’k moet oor niks besorg wees nie-
God belowe dit
Ek vra net vir my daagliks brood-
ek hou my hande oop
want God belowe dit.

Written by:
MARTHIE HAUPTFLEISCH

Publisher:
Lyrics © Songtrust Ave

Lyrics powered by Lyric Find

Marthie Nel Hauptfleisch

Marthie Nel Hauptfleisch

View Profile