Wynand Strydom - Anderkant Die Blou

Jy's onweerstaanbaar
Maar onbereikbaar
Jy's deurmekaar maar
Ek kan jou verstaan

En in jou oë
Is al jou drome
En in jou drome
Is ons kinders van die maan

Al moet ek jou verloor
Wil ek jou nie laat gaan nie

Maar aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van blou
Is daar ‘n plek waar ek sal wag vir jou

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van tyd
Is daar ‘n plek vir jou en my

Jy's onweerstaanbaar
Maar onbereikbaar
Jy's onvergeetbaar
Maar ek herken jou naam

En in jou woorde
Jou soet akkoorde
Jou liedjie van ‘n liefde so ver hier vandaan

Ek moet jou verloor
Al wil ek jou nie laat gaan nie

Maar aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van blou
Is daar ‘n plek waar ek sal wag vir jou

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van tyd
Is daar ‘n plek vir jou en my

En ek wens ek kan my hart en alles vir jou wys
En alles van jou weet
Want ek wil weet van jou

En ek wens ek kan verby
Die dinge kom tussen jou
Tussen my

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van blou
Is daar ‘n plek waar ek sal wag vir jou

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van tyd
Is daar ‘n plek vir jou en my

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van blou
Is daar ‘n plek waar ek sal wag vir jou

Aan die einde van die wêreld
Aan die anderkant van tyd
Is daar ‘n plek vir jou en my

Written by:
ANTON GOOSEN

Publisher:
Lyrics © Sony/ATV Music Publishing LLC

Lyrics powered by Lyric Find

Wynand Strydom

Wynand Strydom

View Profile